Dit gaan GOED met Ora. Sy is uit die ICU en in ‘n gewone saal opgeneem.
Volgens Rozanne het die operasie goed afgeloop. Die chirurg het ook “grommets” in haar oortjies gesit indien hulle “Hyperbaric O2″ behandeling wil doen. Ora het weer begin borsmelk kry en sal teen Sondag deur die gastrostomie-buis voeding kry. Sy kry morfien vir haar pyn.
Rozanne sê haar veggees en dapperheid is ‘n inspirasie!
Bly asseblief bid vir Ora en haar gesin – daar is sóveel klein en groot bekommernisse, krisisse en probleme op hierdie pad wat hulle stap.
Rozanne het die volgende woorde van ‘n vriendin gekry:
” God blessed you with Ora. She is His best kind of angel. He chose you to take care of her while she spends time on this earth. And while you take care of her, Ora will teach you a lesson about yourself, something that God wanted you to see. She will show you the strength of your capacity to love unconditionally. You would never have known your capacity to love without her here to show you. It takes a remarkable woman (and man) to be a mother (and father) like you. God knew how remarkable you are and thats why he put Ora in your hands and heart.”
Mag Rozanne en Oloff God se teenwoordigheid en vrede elke oomblik beleef.