Jammer vir die lang wag vir nuus oor Ora. Sy is Maandag uit die hospitaal ontslaan en dit gaan BAIE goed met haar. Sy kry haar voedings via die “peg” in haar magie – en alles verloop vlot.
Ora is regtig ‘n klein vegtertjie – dit is ‘n wonderwerk dat sy so goed herstel het nadat daar nie veel hoop vir haar was ‘n paar weke terug nie. Na haar geboorte kon sy nie geluidjies maak of huil nie, en die laaste paar weke het sy begin om uit volle bors te huil! (Nóg n wonderwerk!) Behalwe vir hierdie goeie tekens het sy ook begin om te beweeg en haar beentjies te skop!
God is almagtig en tot absoluut enige iets in staat – meer as wat ons kan glo of bid. Vra dus saam met Oloff en Rozanne vir Hom om die “ongelooflike” met Ora se brein en lyfie te verrig? Dat sy sal kan sien en hoor en stap en gesels. Enige iets is moontlik by God!
Ora raak soveel mense se harte aan – en God het ‘n groot plan met haar lewe. Hou haar asseblief in jou gedagtes en gebede?
Wonderlike nuus! Bid steeds!
Ek is nie ‘n gelowige nie, maar ek is baie bly dit gaan goed met Ora. Dis darem so erg as kleintjies suffer. Ons het self ‘n dogtertjie van amper 6 maande.
Hi Rozanne en Oloff
Ek het via Carin gehoor van jul klein Ora en julle pad tot dusver. Wees verseker daar is baie mense wat vir julle bid en die feit dat daar verbetering is, wys aan ons dat God haar in sy Vaderhand toegevou hou. Voorspoed vir die pad vorentoe met julle klein wonderwerk, sy is sooo pragtig, wens ek kon haar bietjie vashou!