“Ora sterk baie goed aan! Die operasie was ‘n sukses alhoewel dit ‘n challenge vir die dokters was omdat sy so klein is. Hulle het ook grommets ingesit indien ons later Hyperbaric Oxygen Treatment wil oorweeg.
Ek het kontak gemaak met ‘n vrou in Amerika wat ‘n blog het oor ‘n seuntjie wat ook seergekry het met geboorte. Hulle het great resultate gekry met die O2 behandeling. Die seuntjie se naam is Maceo Mckay. (Kyk gerus by www.maceomckay.com.)
Die Victory Kerk in Port Elizabeth het ‘n tenk wat hulle vir ‘n outisiese seun gebruik. Hulle het ons 10 gratis sessies aangebied!
Ora het properly begin huil waar sy voorheen net hard asemgehaal het! Sy het voor die operasie al begin geluidjies maak en daarna baie gehuil. Alhoewel dit ‘n positiewe verbetering is, was ons baie bekommerd dat sy dalk geweldige pyn ervaar. Dit is hartverskeurend om so ‘n kleine lyfie so hulpeloos te sien en ons probeer om nie te veel te dink oor haar wêreld en wat sy moontlik ervaar nie. Sy is neurologies doof en moonlik cortically blind – beide verwys na breinbesering. Fisiologies is daar geen fout met haar oë of ore nie.
Die voeding wat ons nou doen word direk in die magie via ‘n pegg gevoer, waar sy voorheen ‘n pypie deur die neusie gehad het tot in die dunderm. Om Ora te hanteer is nou natuurlik baie makliker en dis fantasties om haar te kan optel sonder ‘n alewige klomp pype wat moet saam. Dit wil ook voorkom of daar beweging in die tongetjie is – alhoewel die verbetering net aan die een kant is, is dit darem vordering. As die klein mensie net kan begin suig, sluk en haar ogies knip sal dit fantasties wees. Ons weet daar is nog maar baie ander dingetjies, maar ons vat dit met “baby steps”, dag vir dag!!
Dankie vir almal se belangstelling en gebede, dit beteken vir al drie van ons verskriklik baie. Ons besef net elke dag meer en meer dat Ora al klaar so baie mense in haar kort maar woeste bestaan aangeraak en op hul knieë gebring het.
Groete,
Rozanne en Oloff


Rozanne, di vero cuore auguro a te ed alla tua piccola principessa tanta felicità!
claudine
Sono sicura che con pazienza e tenacia diventerà una bimba bellissima… come la sua mamma!
I figli sono un dono divino…
e gli angeli ci sono sempre vicini per aiutarci quando abbiamo bisogno!
Ti abbraccio, in serenità
Mens kan nie anders as om vir hierdie pragtige klein dogtertjie baie, baie lief te wees nie! Sy is ‘n klein vegtertjie en haar ouers leer my so baie van geduld, innerlike krag en hoop ten spyte van terugslae. God se genade is GROOT en ek hou aan bid vir haar en vir haar great ouers.