Wonderwerke
5 November
Dit het my ‘n rukkie geneem om tot hier voor die rekenaar te kom.
Ek voel al lankal die woorde op my vingerpunte brand! Ek moes al lankal skryf oor die week van wonderwerke wat verby is – die operasie, die hospitaal, die uitslag, die herstel.
Maar dit is asof ek die ervarings vir myself wil hou en koester. En soos ek al genoem het, is ek nie iemand wat graag persoonlike detail met ander bespreek nie – veral nie geestelike dinge nie. Maar ek wéét God wil hê ek moet dit deel. Want dit is een van Sy belangrike opdragte aan ons – om mekaar se geloof te versterk.
Ek dink nie ek sal ooit die omvang besef van God se netwerk waarvan ek deel uitmaak nie. Tog het ek in die laaste paar weke verstom gestaan oor hoe hy ‘n skynbaar onbenullige gesprek of terloopse opmerking van een mens kan gebruik om so VEEL in ‘n ander mens se lewe te beteken – sonder dat dit so bedoel is deur die MENS. (Maar duidelik so deur HOM bedoel.)
Deur gehoorsaam te wees aan Hom en hier te skryf oor my ervarings, is al lankal haarfyn so beplan, sodat iemand anders, al is dit net een spesifieke mens, net die regte woord op die regte oomblik kan ontvang. Soveel mense was in die laaste weke gehoorsaam aan Hom deur bloot met my te deel dit wat God vir hulle gesê het, al het hulle onseker daaroor gevoel. Dit het so ‘n reuse invloed op my gehad dat ek nou besef hoe belangrik dit is om fyn na God se opdragte te luister.
Kom ons begin by die begin. (Dit gaan ‘n lang een wees hierdie, heeltemal teen my “joernalistieke reëls” van kort en kragtig. Jammer Ilse!)
In die week voor die operasie het meer as een mens hulleself op die spot gesit en vir my gesê hulle glo dat ek reeds genees is. Op 21 Oktober skryf Chantel: “God druk hierdie op my hart vir jou. Jer 33:6: Behold, I will lay upon it health and healing, and will cure them and will reveal to them the abundance of peace and truth. Ek weet jy is reeds genees. Glo dit en moenie die Leuen van Satan glo as hy jou enigiets anders wysmaak nie.”
Later skryf sy weer: “In Christ I have perfect peace and confidence. In the world I have tribulation and trials and distress and frustration, but I can be of good cheer for Christ has overcome the world. He has deprived it of power to harm me and has conquered it for me (John 16:33). Sanet, ons bid en vertrou! Hy’t reeds genesing gebring, glo dit!”
Op die dag van die operasie sms sy: “Be blessed! Accept and receive His blessing ALREADY bestowed unto you! Dis die woorde wat nou in my hart lê!”
Nou kan ek vir julle met alle eerlikheid sê, so ‘n sms sou my nekhare laat rys het in my vorige “lou lewe”. Hoe kan iemand met soveel sekerheid sulke gevaarlike stellings maak? ‘n Siek mens is so broos dat hy enige iets positief wil glo. Sê nou maar hy sit sy hele hart op so ‘n belofte en dit word nie vir hom waar nie?!
Ek weet nie hoekom nie – dit is sekerlik net deur genade – maar ek sien nou glashelder in hoeveel ongeloof ek nog my hele lewe leef. Ek het soveel mure om my gebou en myself so beskerm teen teleurstelling, dat ek sinies geword het oor gebed en hoe God direk met ons praat in Sy Woord en deur Sy kinders. Ek het nog altyd geglo dat God vir my lief is, maar ek is mos nou nie só belangrik in die Big Picture dat daar nou spesiaal vir my wonderwerke sal gebeur as ek daarvoor vra nie. Nevermind glo dat ‘n random Bybelvers spesiaal deur Hom na my persoonlik gestuur word!
Hoe kon ek so dom wees? Hoekom het die oogklappe nie al lankal afgeval nie? Hoe kon ek al die jare sy goedheid en genade en liefdevolle en teer teenwoordigheid in my lewe miskyk?
Ons almal het sulke blokkasies in ons geloof. Dinge wat nie vir ons sin maak nie. In Mei vanjaar was ek ook onder diegene wat gedink het God is beslis nie ‘n God van genade as Hy toelaat dat twee kindertjies uit dieselfde gesin op so ‘n grusame wyse van hul ouers weggeruk word nie. (Ek ken nie Jan Hendrik en Patrys van der Merwe nie, maar ek het lank geworstel met hul verlies en die betekenis daarvan.)
Ek is nog so jonk in my “nuwe” geloof, so ek is versigtig om my kinderlike opinie oor leed te lug, maar ek glo nou vir die eerste keer vas dat siekte en verlies en trauma en hartseer nie van God af kom nie. Ek sien Hom in my geestesoog saamhuil en saamtreur. In Psalm 5 staan geskryf: “U is nie ‘n God wat onreg verdra nie, die kwaad het by U geen plek nie.” Hierdie dinge kom NIE van Hom af NIE!
Ons leef in ‘n verskriklike wêreld waar miljoene onskuldige mense onmenslike leed ervaar – oorlog, misdaad, hongersnood, mishandeling, siekte. Ons leef nie in die paradys nie, al lyk dit soms vir ons so. Ons wat so lekker leef in ons groot huise en vinnige karre en Woolworths om die draai, hoekom dink ons hierdie wêreldse verskriklikhede sal ons gespaar bly?
Ons leef in die wêreld, maar die goeie nuus is dat Hy binne-in ons wêreldse leed en pyn saam met ons is – of jy êrens in Afrika vir jou lewe vlug omdat jy aan die verkeerde stam behoort en of jy voor jou duur huis ten spyte van die beste voorsorgmaatreëls gehighjack word. Ek SUKKEL om dit te verstaan, maar Hy het my en jou pyn AL KLAAR op Hom geneem.
Net na my diagnose sms Wilrien: “Die feit dat jy huil en hartseer is beteken nie dat jy nie in God en sy almagtigheid glo nie. Dis woede, teleurstelling, skok. Jy is ‘n mens en jy is Sy kind. Jy MOET huil want Hy wil jou trane afdroog – en dis die ultimate prize.”
Ek ervaar regtig elke dag dat God my soos ‘n klein kindjie wil toevou in Sy arms. Ek moet Hom net toelaat en nie soos ‘n halstarrige tiener Hom wegstoot en op my eie probeer aankarring nie.
Terug by Sy beloftes aan my: Chantel se woorde is soveel keer deur ander mense, en op soveel ander maniere aan my bevestig. Elzaine stuur vir my Psalm 91: “Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ‘n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante. Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag of vir aanvalle oor dag, vir pes wat in donker toeslaan of siekte wat helder oordag verwoesting saai nie. Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie … Jy sal oor leeus en adders loop, leeus en adders sal jy doodtrap.” Sy sê ook vir my dat sy nie eens oor my bekommerd is nie. Sy WEET die Here gaan my gesond maak.
My suster Ansa sms: “He is your God, the one who is worthy of your praise, the one who has done mighty miracles that you yourself has seen. – Deut 10:21)
Inge skryf uit Doebai ‘n boodskap van haar tannie wat ‘n sendeling is en my nie ken nie: “Sy sê jy moet die Here se aangesig soek. Hy gaan jou bou en versterk sodat jy vir ander kan help en Hy gaan jou gesond maak.”
Ek wil dit glo. Net daarna skryf ek in my dagboek en onder aan daardie spesifieke dag se bladsy is gedruk: Daar is niks vals wat die Here sê nie. Sy woorde is soos silwer wat oor en oor in ‘n oond gesuiwer is. Psalm 12:7. (!!!)
Die operasie
Dinsdagoggend, 27 Oktober word ek wakker en weet die realiteit is nou hier. Daar is nou klaar ge’op’ en ge’af’. Hier is dit nou. Ek dink nie ‘n mens is ooit uit jou eie gereed vir so iets nie. As jy kan, sal jy kies om dit nog ‘n dag, nog ‘n dag, nog ‘n dag uit te stel.
Ek het nog nie kans gekry om te “rou” oor al die verliese nie, om my voor te berei op dit wat kom nie. Dis maklik om ‘n grappie daaroor te maak, maar ek IS hartseer oor my maag wat vir altyd geskend sal wees – al is dit nie na ‘n paar swangerskappe my beste bate nie. Oor my splinternuwe peperduur Pringle-bikini waarvoor ek tien teen een nie weer gaan kans sien nie. Oor my verlore jeug – dit was maklik om op 38 nog deur te gaan as ‘n girl, maar nou voel ek na ‘n stokou sieklike vrou. Oor my gesondheid wat ek so vanselfsprekend aanvaar het, en wat ek nou verloor het. Oor my geweldige sin vir privaatheid en waardigheid, wat ek moet prysgee vir die behandeling van my siekte. En dat ék van alle mense na die operasie ‘n derm op my heup moet dra! Daar is so baie sulke klein verliese. Maar as ek sou moes wag tot ek hulle almal verwerk het, sou ons nie gou kon opereer nie.
Dis moeilik om te beskryf hoe ek voor die tyd gevoel het. Ek was innerlik kalm – ‘n vredige Godgegewe kalmte. Tog was daar ‘n vlinder of twee op my maag. Dis soos om jou goed voor te berei vir ‘n eksamen en te weet jy gaan goed vaar, maar steeds so ‘n bietjie naels te kou voordat die vraestel voor jou neergesit word.
Die narkotiseur is een van Org se wonderlike vennote, Piet Diederichs, en hy stel voor dat ek ‘n uur en half vooraf “pre-med” kry om my kalm te hou. Toe hy uitstap is ek vas oortuig dat ek nie op ‘n trip wil wees nie, maar Org voel ek moenie die trein ontspoor nie. Tog druk ek deur en my wens word aanvaar. Hoe bly is ek nie dat ek na daardie innerlike stemmetjie geluister het nie!
As ek op ‘n pre-med trip was, sou ek nie vir langer as ‘n uur heerlik rustig met God kon tyd spandeer nie. En die beste van alles is dat Hy self vir my in daardie uur die nodige kalmte gegee het sonder ‘n pil in sig.
Ek bieg dat ek nie ‘n goeie pasiënt uitmaak nie. (Ek voel byvoorbeeld swak en hulpeloos as ek in ‘n bed moet lê met pajamas aan. Ek het dus vooraf vir my Woolies-sweetpakbroeke en T-shirts gekoop met ‘n toezip-top pleks van ‘n kamerjas.) Toe die portier my kom haal om teater toe te gaan, was my instink om eerder self soontoe te wil stap as om deur die gange soos ‘n siekeling op ‘n wit bed te ry. Ek kan mos loop! Dit is vir my moeilik en dit maak my skaam om in ‘n posisie te wees waar ek “swak” moet wees. (Iets om aan te werk?)
In die teater sê Ettienne hy het sy laptop met enige musiek waarna ek graag wil luister. Ek vra vir die liedjie wat hy en my vriendin Nadine albei aanbeveel het – The Voice of Truth van die Casting Crowns. Dit speel sag in die agtergrond terwyl Pieter sy narkose-voorbereidings doen. Ek kan nie die woorde mooi hoor nie, maar tog VOEL ek God se teenwoordigheid en visualiseer sy arm om my skouer. Die musiek gaan saggies oor na MY liedjie, Who Am I?, met die betekenisvolle laaste frase: Who shall I fear? Who shall I fear? Cause I’m Your’s. I am Yours.”
Toe Pieter die epiduraal opsit, vra ek vir Ettienne om my liedjie weer te speel en dit harder te draai. Dit is so wonderlik om jouself so te kan oorgee in God se hand. So ‘n bietjie broos, bietjie bang, bietjie versigtig – maar tog met oorgawe en met die vaste wete dat Hy HIER is, hier BY my! Ek weet nie hoe ongelowige mense dit regkry om alleen so ‘n situasie te face nie. Die teenwoordigheid van God was so duidelik aanvoelbaar – en ek is so dankbaar dat ek dit “nugter” kon beleef.
En toe die slaap, wondersoete slaap …
Drie ure later was ek glo uit die teater na ‘n tegnies moeilike, maar suksesvolle anterior reseksie. Ek het geen herinnering aan die herstelkamer nie, maar ek was glo wild (narkose gas doen dit aan my). My eerste gevoel van wakkerwees was in die Hoësorg Eenheid, deurmekaar en propvol intense pyn en ongemak en naarheid en die ergste van alles, ‘n oorweldigende DORS (wat ek eers meer as ‘n dag later kon les)!
Die eerste twee dae is vir my ‘n waas van voedingsbuise en dreineringspype en swaar epiduraal-bene en Pethadine-trips en ‘n geblaas in die fisio se pypies en ‘n dorstige gesuig aan ysies. Maar Donderdagoggend voel ek goed genoeg om te versoek dat die epiduraal ‘n bietjie afgedraai word om te sien hoe ek die pyn op die oorblywende medikasie alleen hanteer. Dit gaan goed! My eerste poging tot opstaan eindig duiselig in ‘n stoel, maar suster Ilse vat my later weer vir ‘n spin en elke treetjie gaan dit beter.
Terug by Ettienne se besoek Donderdagoggend: Nadat ons mediese dinge tydens sy ronde gesels het, noem hy dat ek hom die vorige nag vreeslik wakker gehou het. Ek skrik! Beteken dit daar is iets waaroor hy worry?! Hy vertel dat hy ‘n vriendin van die gesin gevra het om te bid dat die operasie geseënd sal verloop. Hy skrik toe Woensdagnag wakker met die bekommernis dat hy vergeet het om vir haar te sê dat sy moet bid dat die (te) klein oorblywende derm waaraan die kolon geheg is, skoon moet wees. Die Here antwoord hom toe self met die duidelike gedagte: Moenie bekommerd wees nie. Ek het SELF die hoekies en randjies skoongevee!” Daar en dan soek hy met sy selfoonliggie na die Bybelvers wat spontaan by hom opgekom het en wat hy in sy slaapnewels nie wou vergeet nie. Jesaja 35:4: Sê vir dié wat moed verloor het: “Wees sterk, moenie bang wees nie, julle God is hier, Hy kom om wraak te neem, om julle vyande te straf; God kom julle red!”
Ek suig sy woorde soos ‘n spons op. Ek weet die Here werk deur hom en dat ek hierdie openbaring moet vasgryp en GLO. Hoeveel keer het Hy nie al die belofte aan my gemaak dat hy hierdie vyand in my liggaam gaan uitwis nie? Die suster spring weg en sy en ‘n wonderlike ander suster kom minute later terug met ‘n drukstuk van die Bybelvers, saam opgewonde oor God se belofte.
Die histologie uitslag (die ontleding van die verwyderde derm) sou eers Vrydag beskikbaar wees. Maar toe ek Donderdagmiddag weer vir Ettienne sien, het hy ‘n klein smile’tjie op sy gesig. Ek is heeltemal oorstelp toe hy my vertel dat die voorlopige uitslag wys daar is GEEN TEKEN VAN KANKERSELLE in die oorblywende dermwand nie – en dat die uitslag selfs beter is as waarop ons gehoop het. Ek was reg om T1 en selfs T2 kanker as goeie nuus te beskou. Die finale stadiëring is toe heelwat minder – TisN0M0. Ek is in die sewende hemel! En soveel mense juig saam met my!
Dit het my eers later getref watter groot verantwoordelikheid Ettienne op sy skouers geneem het deur hierdie ervaring met my te deel voor die uitslag bekend was. As hy dit nie geGLO het nie en nie VOORAF vir my vertel het nie, sou dit geen trefkrag gehad het nie. Hy kon maklik besluit het om eerder ‘n professionele afstand te handhaaf en stil te bly. Maar dan sou dit wys dat hy nie geloof het in wat die Here vir hom gesê het nie.
Hierdie deel van my storie tref so baie mense. Dalk leer dit ons dat ons definisie van geloof nie goed genoeg is nie. Dat as ‘n mens GLO, jy geen back doors moet oophou nie. Dat ‘n mens nie net moet HOOP dat iets waar is nie, maar dat jy dit moet GLO, soos ‘n kindjie wat sonder twyfel in die tandemuis glo. Dit is seker een van die moeilikste opdragte waarmee ek daagliks worstel, maar wat ek met my hand in Syne so graag wil bemeester. Daar is soveel wonderlike mense in my lewe wat ‘n ongelooflike voorbeeld hierin stel – ek leer so baie.
Soveel vriende het teksverse vir my gestuur en God het in my Bybelstudie my self daarheen gelei – dat daar ‘n groter doel met dit alles is. Dat Hy my wil gebruik. Ek weet nog nie presies hoe nie, maar ek is vir die eerste keer in my lewe oop daarvoor. En toe sê Ettienne na alles vir my die volgende:
“Daardie dag na die CT-scan toe ons in die gang gestaan het, het ek vir die Here gevra wat se goed kan kom uit so ‘n jong vrou soos jy wat kanker kry. Sy antwoord (in my gedagtes) was dat die uitslag meer sal bereik as die kanker. Dalk een van die redes hoekom ek geglo het dat die kanker nie baie diep sou wees nie. Nou het die feit dat jy gehoor het dit is kanker baie meer laat gebeur as wat die kanker self ooit sal regkry. Prys die Here vir Sy goedheid en vooruitsiendheid.”
Ek het ingepak vir 5 dae in die saal. Vyf funky sweetpakbroeke, 5 mooi T-shirts en toppies, 5 pare geskenkies vir die kinders wat elke dag kom kuier. Op Donderdagmiddag, na twee 24-ure in Hoësorg se wit jurkies, kry ek die groen lig dat ek maar saal D toe kan skuif. Al die pype behalwe die drip is uit en dit beteken ek is sterk genoeg vir ‘n gewone saal. Teen hierdie tyd loop ek al heerlik op en af in die gang. Vrydag-laatoggend sê Ettienne as die drip uitkom is daar geen rede om my verder in die hospitaal te hou nie – en ek word middagtyd ontslaan na net een dag in die saal. Net vier dae (eintlik drie 24 ure!) na my operasie. Vier pakkies van alles kom toe net so ongebruik terug huistoe. (Ek het moeite om die kinders uit die oorblywende verrassingspakkies te hou!)
Die krag en die energie en die spoedige herstel is ALLES van Hom af. Dit kon so maklik anders wees! Ek kon nog nooit so “dweperig” wees om dit te sê nie, maar ek wil en ek moet dit uitbasuin: PRYS DIE HERE! Nie omdat ek dit verdien nie, maar net uit Sy genade!
* Ek het so baie geleer oor die kragtige werking van gebed – en ek het nog so baie om te leer. Sodra ek vir die topic opgewasse voel, sal ek meer vertel van my ervarings. Dit is vir my so belangrik om terugvoer te kry oor hierdie dinge, omdat ek meer wil weet en meer wil leer. As jy wat hier lees voel dat ek iets verkeerd verstaan of interpreteer, of as jy iets kan byvoeg of vertel, maak asseblief so?!
Mediese verslag
Vir die mediese mense:
Die poliep wat tydens die koloskopie verwyder is, was ongeveer 20% adenokarsenoom (vir die nie-mediese mense, dit is dus 20% vol kwaadaardigheid!). Die diagnose van die derm en weefsel wat tydens die operasie verwyder is, lees soos volg:
* Lae anterior reseksie – oorblywende gedeelte van die villeuse adenoom met fokale hoëgraadse displasie, geen infiltrerende maligniteit sigbaar nie. Perikoliese limfnodes – geen metastase 0/6.
* Distale doughnut – normale kolorektale wand, tumor dus volledig verwyder.
Die langtermyn risiko om van die kanker iets oor te kom is minder as 3%. Geen verdere behandeling soos chemoterapie of bestraling is nodig nie. As alles volgens plan verloop word die stoma (sakkie) op 11 Desember gesluit.
Al voel dit nie so nie …
25 Oktober
Die ou Kersliedjie “Al was ek nie daar nie, ek weet dit is waar” het vandag in my kop opgekom. Ek kan die woorde verander en sing: “Al voel dit nie so nie, ek weet dit is waar.”
Sonder om al die boring detail te verskaf, dink ek dis belangrik om ook die afdraandes met die mense om my te deel. Ek was vroeg in die week by ‘n vriendin se verjaarsdag waar een van haar gaste my gevra het om ook eerlik te skryf oor die laagtepunte. Ek dink amper dis die heel belangrikste iets om te deel. Want hoeveel van ons voel nie van God verlate in moeilike tye nie? Dit voel of hy van jou vergeet het, of gou iets anders gaan doen het toe jy hom die nodigste gehad het. Maar ek kan met alle eerlikheid sê dat dit nie waar is nie. Hy is die heeltyd daar, reg langs jou, IN jou.
Ek was op ‘n “hoogtepunt” (hoe hoog so ‘n punt nou ook kan wees as ‘n mens ‘n kankerdiagnose gehad het!) oor my “skoon” CT scan en die MRI wat fase 1 kanker aangedui het en bowenal omdat God al my vrees en bekommernis op Hom geneem het. Weens die “goeie nuus” was ‘n kleiner transrektale operasie by ‘n bekende UCT-spesialis ‘n moontlikheid, ek was gespaar van bestraling en chemoterapie.
En toe kom UCT (Grootte Schuur) …
Ek sal eendag die ervaring ordentlik neerskryf – en dalk vir ‘n paar staatshospitale stuur. ‘n Mens is voorbereid op lank wag en vuil gange en onvriendelike gesigte. Maar ek was aangenaam verras deur die nie-te-lank wag op ‘n sagte(rige) stoel, die skoon vloere en toilette en selfs ‘n paar glimlagte. MAAR daar is veel erger dinge wat jy hier kan verloor as bloot jou tyd.
Hier is jy is ‘n nommer (of eerder ‘n skaap ter slagting). Die meeste glimlagte voel onopreg en ingeoefen. Die doel is dat ander mense deur jou siekte opgelei word. Jy gaan sit in die ry as “‘n kanker”, nie as ‘n mens nie. Jy’s net ‘n liggaam, sonder hart en siel en gevoelens. In ‘n groot waglokaal staan die weegskaal reg in die middel (nie in ‘n hoekie met ‘n afskorting nie) – sodat die kanker-skape flink geweeg en gemeet kan word en nie ‘n ander kosbare spasie in die proses beset nie. As die span chirurge en onkoloë klaar jou geval bespreek het, bestorm die hele spul (8 tot 10 van hulle) die kamertjie waarin jy sit om hul opinie aan jou oor te dra. Onpersoonlik. Koud en klinies. ‘n See van onbekende gesigte, die meeste sonder ‘n “aangename kennis”. (Hoekom? Kan een afgevaardigde nie maar persoonlik met die pasiënt praat nie?) Van begin tot einde is jy daar sodat iemand iets uit jou kan leer. Dit was so oorweldigend, dat ek skoon vergeet het om my “theme song” te sing: “Who shall I fear? Who shall I fear? Cause I am Your’s! I am Your’s!
Ek het ‘n keuse, ek kon opstaan en sê “jammer julle, maar ek het dit nie nodig nie, druk maar julle kennis en opinies …” Maar wat van al die ander mense wat in die rye sit, wat geen opsie het nie. Wat bang en hartseer en verwilderd en getraumatiseerd en bowenal SIEK daar sit en wag. Vir wie ‘n vriendelike gebaar of ‘n opregte glimlag soveel kan beteken. Wat afhanklik is van die genade van ‘n oorwerkte, emosioneel afgestompte gesondheidswerker wat lewensbelangrike inligting al so onemosioneel soos ‘n tele-bemarker oordra. (Hierdie is net MY ervaring, ek is seker daar is mense wat beter ervarings gehad het.)
Ek dink regtig ‘n mens verloor jou menswaardigheid in hierdie sisteem – in ‘n tyd wat jy reeds afgetakel is en met alle mag aan jou waardigheid wil bly vasklou. Ek wil nie ondankbaar wees nie. Hoe sou hierdie mense gerekende spesialiste geword het wat vir my ‘n kennersopinie kan gee, sonder hierdie sisteem? Hoe anders sou hulle hul kennis kon inoefen? Dalk is ek hipersensitief. Maar dit was hartseer om te aanskou.
Die bottom line is dat dit vir iemand soos ek ‘n afbrekende ervaring was. Ek het gevoel die opinie was VIR MY PERSOONLIK nie die ervaring werd nie. (Org en die meeste ander mediese mense voel nie so nie.)
Hoewel die UCT span niks nuuts bygevoeg het nie, was alles skielik soveel donkerder as wat ek vroeër gedink het. Die opsie van transrektale chirurgie is van die tafel gehaal. Met hierdie metode is die kans op herhaling van kanker binne die volgende 10 jaar 20% – heeltemal te hoog vir ‘n 38jarige vrou wat graag nóg soveel jare by haar lewe wil voeg. Nie 5 tot 7 dae in die hospitaal nie, maar 7 tot 10 dae. Nie ‘n “sakkie” vir 6 weke nie, maar vir 3 maande. En die harde feite dat chemoterapie nie uitgeskakel is nie. ‘n Chirurg wat ek nie ken nie. ‘n Hospitaal waarin ek ‘n vreemdeling is – so VER van my man en kinders en vriende en familie. En skielik so vreeslik ver van God!
Terug by die huis is ek verslae. My kop werk oortyd. As dit vir my liggaam die beste is, is dit noodwendig vir my gees die beste om daar ‘n pasiënt te wees? En is ‘n mens se gees nie amper belangriker in die stryd om genesing nie? Hoe kan ek dit waag om nee-dankie te sê vir behandeling deur “die bestes”? Daar is soveel uiteenlopende opinies hieroor.
Ek sukkel die aand om te bid. Ek weet nie waarvoor nie. Dalk is dit verkeerd en selfsugtig dat hierdie dinge my so pla. Ek maak ‘n lysie van goed wat ek die graagste wil hê, sommige heeltemal belaglik. Tog help dit my om perspektief te kry:
* Here, laat hierdie beker by my verbygaan?
* Laat ek U teenwoordigheid meer tasbaar voel?
* Gee oplossings vir my vrese en irritasies?
* Gee my wysheid om die regte besluit te neem al voel dit of ek net wil vlug?
* Gee my ‘n bietjie stilte om myself te vind?
Ek krap ‘n item of twee op die lysie dood en bid – al dwaal my gedagtes en moet ek ‘n paar keer van voor af begin. Ek begeer stilte – van die telefoon en deurklokkie en kinders en van my eie negatiewe gedagtes. Net om rustig te kan sin maak uit alles. (Verskoon as ek nog nie jou sms beantwoord het nie – dis onbeantwoord maar nie ongewaardeerd!)
Ek, wat nie kan huil nie, verander in ‘n groot tjankbalie en huil kort-kort deur die dag en aand. Ek wil met niemand praat nie en niemand sien nie en vir niemand iets verduidelik nie.
Die volgende oggend, Donderdag, voel ek beter. Maar ek weet steeds nie wat om te besluit nie – UCT of nie? My kop rus nie ‘n sekonde lank nie. My selfoon biep. ‘n Dierbare vriendin wat nog nie weet wat die vorige dag gebeur het nie, skryf:
“What lies behind us and what lies before us, are small matters compared to what lies within us. – Ralph Waldo Emerson”
Ek weet dadelik dit is ‘n boodskap wat vir my sê dat niks van hierdie dinge saakmaak nie. Niks wat agter my lê of nog kom, kan my waardigheid aantas en my minder maak as wat ek is nie. Dit wat binne-in my is, is al wat tel.
Ek lê op my bed, kyk na die pragtige blou berge, lees en bid. In ‘n gebedsboekie wat ‘n goeie vriendin vir my gegee het, lees ek onder meer:
* “Here, ek wag vandag op U. Ek plaas my hoop in U Woord en vra dat U my opnuut met u Heilige Gees sal vervul en al my angs en twyfel sal wegneem. Ek wil nie hê my ongeduld of gebrek aan vertroue moet my weerhou van alles wat U graag in my wil bewerkstellig nie. Ek besef dat selfs wanneer dit voel of my lewe tot stilstand gekom het, ek net maar aan U kan bly vashou om steeds voort te beweeg op die pad wat U vir my beplan het.”
* “Here, ek het alle moed verloor, ek is verslae. Wys my die pad wat ek moet loop want my hoop is op U gevestig. Gee my wysheid, krag en helderheid van verstand om u stem te midde van enige donker of oorweldigend situasie te hoor.”
* “Here, as ek nog nie voldoende gerou het nie, help my om elke traan te stort wat nodig is om my siel volkome te bevry.”
En toe weet ek ook dat om jou lewe in God se hande te plaas, beteken nie dat jy nooit teleurgestel en hartseer gaan voel nie. ‘n Mens moet rou – dis hoe God jou aanmekaar gesit het. Jy hoef nie skuldig daaroor te voel nie. In dié proses is Hy ook by jou, al is dit moeilik om te glo. Om te huil en kwaad en opstandig te wees, is alles nodig. Ek is beslis nie altyd dapper en positief nie, maar ek kan dit altyd weer word met Sy hulp en genade.
Ek het gedink ek sal nooit die vraag vra nie: “Here, waarom ek?” Maar ek het! En ek sal seker vorentoe dit weer vra. Gelukkig het ek by die regte antwoord uitgekom: God wil my nie siek hê nie. Dis nie ‘n straf nie. Hy wil my gesond maak. En my vertroos en by my wees die hele lang pad.
Die krag kom bietjies-bietjies terug. Soveel dat ek Donderdag hier teen 13h00 ‘n belangrike hartsbesluit neem: Ek gaan NIE terug UCT toe nie. Ek gee nie om om in Tygerberg-hospitaal geopereer te word nie – wat ookal nodig is om die kanker uit te haal – maar ek weet dat ek hierdie kant van die Boerewors-gordyn gesond wil word.
Net daarna bel my oorspronklike chirurg en sê ons kan die middag ‘n bietjie kom gesels as ons vrae het oor die verslag. Toe ek en Org later by sy spreekkamer uitstap, weet ek met sekerheid dat dit HY moet wees wat my opereer. Hy is ‘n uiters bekwame, professionele chirurg – iemand wat behalwe vir sy skills, ook bedagsaam, respekvol en geestelik wys is. (En na baie “navorsing” weet ons nou daar is baie wêreldklas chirurge in die noordelike voorstede.)
Ek kan nie die verligting en vrede beskryf wat oor my gespoel het na dié besluit nie. Dit is so ‘n genade om verlos te wees van al die vrae en onsekerhede en so seker te kan glo dat ek die regte besluit geneem het – en om te weet dat hierdie chirurg deur God self gelei word.
Daar gaan nog baie T-aansluitings op hierdie pad wees, keuses om te maak. Links of regs? Ek WEET al voel ek soms swak, moeg, ongeduldig, hartseer en alleen, God IS by my in elke besluit en teleurstelling en irritasie en natuurlik ook in elke oorwinning en sukses. Ek VOEL dit net nie altyd nie. Maar ek leer nog. Bid asseblief dat die WEET vir my genoeg sal wees.
Dinsdag, 27 Oktober (op my pa, wat op 1 Augustus oorlede is, se verjaarsdag) om 14h00 word ek in Panorama MediClinic geopereer. Who shall I fear? Who shall I fear? Cause I’m Your’s! I am Your’s!
(’n Goeie vriendin en ook my chirurg sê ek moet na die volgende liedjie van die Casting Crowns ook luister:
Voice of Truth
Oh, what would I do to have the kind of faith it takes to climb out of this boat I’m in, onto the crashing waves. To step out of my comfort zone into the realm of the unknown where Jesus is. And He’s holding out His hand. But the waves are calling out my name and they laugh at me, reminding me of all the times I’ve tried before and failed. The waves they keep on telling me time and time again: “Boy, you’ll never win! You’ll never win!”
But the Voice of Truth tells me a different story. The Voice of Truth says: “Do not be afraid!” The Voice of Truth says: “This is for my glory!” Out of all the voices calling out to me, I will choose to listen and believe the Voice of Truth.
Oh, what I would do to have the kind of strength it takes to stand before a giant with just a sling and a stone. Surrounded by the sound of thousand warriors shaking in their armour, wishing they’d have the strength to stand. But the giant’s calling out my name and he laughs at me, reminding me of all the times I’ve tried before and failed. The giant keeps on telling me time and time again: “Boy, you’ll never win! You’ll never win!”
But the stone was just the right size to put the giant on the ground. And the waves they don’t seem so high from on top, looking down I will soar with the wings of eagles. When I stop and listen to the sound of Jesus singing over me, I will choose to listen and believe the Voice of Truth!
(Gebedsboekie: Net genoeg lig vir die volgende tree deur Stormie Omartian)
Afdraand en opdraand
20 Oktober
“Siekwees” is regtig soos die Kimberley se trein. Nie dat ek siek voel nie, maar ek is glo nie gesond nie! En dis opdraande en afdraande al die pad.
Gister drink ek koffie saam met iemand wat ook die trein gery het. Sy herinner my daaraan dat daar oppe en affe is – en sê al voel ek party dae negatief, moet ek myself DWING om postief te wees, al voel dit of ek vals is. Dis goeie raad, want die laaste paar dae voel dit of ek ‘n stokou stoomtrein is wat net nie die bult kan uit nie!
En dan staan ek letterlik verstom oor hoe God elke liewe bekommernis en irritasie en tantrum met die grootste geduld vir my uitsorteer. Al wat Hy van my vra is net om my oë en ore oop te hou en te GLO.
Probleem nommer 1:
Net nadat ek die “blog” begin het, voel ek skielik soos Steve Hofmeyr, en dis nie ‘n lekker gevoel nie. Ek voel blootgestel en emosioneel uitgeput – dis harde werk om met jou hart op jou mou rond te loop. Ek voel skielik die verskriklike verantwoordelikheid. Mense gaan lees oor my mediese en geestelike lewe – sê nou maar ek sê of skryf iets wat iemand van die wal af in die sloot inhelp?! My lewe is alles behalwe ‘n voorbeeld vir iemand. Ek weet so min. Ek voel soos ‘n baba wat nog moet leer om aan hierdie bors te suig vir my daaglikse kos!
Ek kry ‘n sms van God, via my Ooste-vriendin (God het vir haar hierdie skrif gegee toe sy vir my bid):
2 Korintiërs 4:5-10: “Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here, en onsself as dienaars ter wille van Jesus. God wat gesê het “Laat daar lig skyn uit die duisternis”, het ook in ons harte ‘n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal. Ons wat hierdie skat in ons het, is maar KLEIPOTTE wat maklik breek, die krag wat alles oortref kom dus van God, nie van ons nie.”
Daar’s my antwoord – swart op wit. Al wat ek het, is Sy lig in my. Dit gee my geen kennis van Bybelverse en -terme en hogere Christelike teorieë nie, maar net eerstehandse kennis van Sy heerlikheid. Hierdie blog gaan nie oor my nie (al was dit my aanvanklike doelstelling om mense oor my mediese vordering ingelig te hou). Ek is maar net ‘n ou kleipotjie wat met die eerste stampie kan stukkend breek. Die krag om iets meer as net my mediese vordering te bespreek, kom van Hom af. Dis nie ek nie. Ek hoef my dus glad nie te bekommer oor hoe dom ek voel vir die taak nie. Ek moet net klei in Sy hande wees.
Dié aand lees ek ‘n ou skoolmaat se Facebook-inskrywing: Jesaja 60:1-2: Kom Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring. Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn Sy magtige teenwoordigheid.
Hoe ek ooit kon dink dat God nie in eenvoudige taal met ons praat nie, weet nugter alleen. Sy kon mos enige ander vers op daardie spesifieke dag gekies het. ‘n Mens is soms seker net heeltemal dof (met Satan se hulp) as ‘n mens dit nie raaksien nie.
Probleem nommer 2:
Ek is geirriteerd en opstandig oor die UCT-affêre môre. Ja, ek weet die prof is oraloor bekend. Ek weet dis ‘n voorreg dat hy my kan spreek. Maar ek is nie lus om in die suidelike voorstede geopereer te word nie. Kapenaars sal weet hoe lank dit ons deesdae vat op die N1. Ek sal nie die kinders twee of drie keer ‘n dag kan sien nie en Org sal ook nie tussen gevalle kort-kort kan kom inloer soos by Panorama-hospitaal nie. Verder is ek is nie lus om môre soos ‘n staatspasiënt in ‘n ry te gaan staan en vorms invul nie. Ek is reeds uit my comfort zone. Ek smag nou na die bekende. Beslis ‘n lekker privaatkamer met die komplimente van Panorama MediClinic. Susters wat dadelik kom as ek die knoppie druk. (Be carefull what you wish for – ek wou mos aanvanklik eerder vir die ondersoek gaan in die suidelike voorstede waar niemand my ken nie!)
Een van my “leermeesters” skryf op my blog dat as ek voel die las is vir my te swaar, dan is ek besig om dit self te dra. Dit is SO waar, want vir my voel dit na ondankbare brat-nonsens wat ek nie regtig met God wil deel nie. By Hom moet ek mos dankbaar wees vir die hope genade wat Hy my reeds bewys het. Ek wil Hom nie ophou met sulke onbenullighede nie. Maar dis presies waarvoor ou Satan lyk my sit en wag. Want sy skryf verder:
“Sanet, jy moet verstaan die oomblik wat jy ‘n publieke proklamasie maak, is die vyand woedend. Hy wil net kom om te steel en te vernietig en dood te maak. Hy sit heeltyd met sy onderdane en beraam planne om jou uit die Vader se krag en behoeding te hou. Lukas 22:31-32: Jesus bid heeltyd vir julle. Satan kan nie jou gees raak nie, dit behoort aan Jesus, maar jou vlees kan hy bykom in die sin van irritasie, ongeduldigheid, moegheid, moedeloosheid, haastigheid. Veg om in Jesus se rus te wees. Wees stil en weet dat Hy God is.”
In my Bybel-dagboek onderstreep ek ook: Naby God is dit stil. Daar is lewe moontlik. Jesus se nabyheid gee moed vir die lewe en God se gees vul ons met die krag om te doen wat ons moet (in staatstoue staan, in verkeer sit, my kinders vir ‘n paar dae min sien); daarom kan ons leef sonder om bang te wees.
My tannie stuur ‘n sms: Psalm 62:6: “Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek.”
Hoeveel het ek meer nodig om my te oortuig dat ek alles by Hom moet los, by Hom moet kom RUS? Wie weet, dalk is daar ‘n wonderlike doel waarom ek ver van die huis af in ‘n vreemde hospitaal moet wees. Ek probeer hard om dit oor te gee, maar bid asseblief dat ek dit sal regkry om elke klein detail in Sy hande te los. (Baie moeilik vir iemand wat wat daarvan hou om in beheer te wees en glo dat as jy ‘n ding ordentlik gedoen wil hê, jy dit SELF doen.)
Probleem nommer 3:
Kom ons wees nou maar eerlik. Terwyl ‘n mens verslae en vreesbevange is, is jy rou genoeg om God volkome in beheer van jou lewe te plaas. Jy smag daarna om die passasier te wees wat saam met Hom ry. Sodra jy weer self ‘n mate van beheer herwin het, raak dit al moeiliker om Hom in die “driver seat” te laat sit. Al kom die gevoel van beheer direk van Hom af – wat jou gesond gemaak het, nuwe krag gegee het om jou “vyand” te verslaan. Ek weet nou dat dit in my lewe soms nodig was dat die mat onder my voete uitgeruk word. Hoe anders behou ‘n mens die GLO dat Hy in beheer is?
Ek is steeds NIKS bang vir my siekte nie – en dis net eenvoudig God se genade, NIKS maar NIKS wat ek gedoen het, maak dat ek hierdie voorreg verdien nie. Maar wat doen ek nou? Ek voel so sterk en kragtig dat ek weer op my eie planne beraam en dinke dink. Ek is so moeg vir die topic , dat ek met alle mag en mening oor ander dinge wil dink en praat en bid. En voor ek my kom kry, hardloop my gedagtes in alle windrigtings. Wat as hulle DIT vir my sê? Wat as hulle DAT tydens die operasie opspoor?
En hoor net wat skryf ‘n verlangse vriendin (wat natuurlik nou ’n naby-vriendin geword het) vanoggend vir my:
“As you go out this morning, remember that He is your bread of life. He is the author and finisher of your faith. He is YAWHE ROPHE, your healer. He is your peace, He is EL SHADDAI, the God of more than enough. And above all, He is ABBA, Father, the precious Father who cares for your every concern. Remember, He fills you and He manifests Himself through you. May you choose to let Him touch and lead you today.”
Elkeen van ons het ons eie uiteenlopende afdraaipaadjies, al steek ons dit so goed vir mekaar weg. Myne is nou, geluk by die ongeluk, nie iets wat ek kan wegsteek soos ‘n huweliks- of familiekrisis of ‘n bekommernis oor geld of kinders nie. Maar een ding wat ek in die laaste paar dae met sekerheid kan getuig, is dat God daarby betrokke WIL wees.
More-aand meer oor my uitstappie na Grootte Schuur …
Who shall I fear?
17 Oktober
Wat ek in die week sedert my diagnose geleer het, is dat God totaal en al in beheer is. Enige twyfel of ongeloof of plein verbykyk by sy nabyheid is in die laaste paar dae besweer. Daar is soveel GELOOFlike maniere waarop Hy homself aan my en die mense om my geopenbaar het – veral deur vriende en selfs ook deur vreemdelinge. Ek is verstom (en skaam omdat dit my verstom, ek moes dit tog geweet het) oor hoe hy ‘n legkaart perfek kan laat pas, hoe Hy elke stukkie presies op die regte oomblik in plek skuif, al is die stukkies nie almal van Hom af nie. Soveel Christelike sinsnedes en gesegdes wat my voorheen geirriteer het, maak nou vir my sin. (Ja, Hy is regtig ‘n God van genade, al is jy platter as plat geslaan.) Ek verstaan nog nie alles nie, so as jy iets wil byvoeg, of iets verstaan waarmee ek sukkel, stuur gerus jou “comment”:
Voorbeeld 1:
Drie dae voordat ek vir die gevreesde ondersoek gaan, is ek kwaad vir Org. Die aand is ek “spitefull” en laat die bedliggie aspris lank brand (hy wil die volgende oggend vroeg opstaan om te gaan hardloop). Die enigste boek in my bedkassie wat ek nog nie klaar gelees het nie, is Die Eerste 5 Minute Na Die Dood van Isak Burger. Ek het dit twee maande vantevore gekoop na my pa se skielike dood aan ‘n hartaanval. Ek wou meer weet oor die “Anderkant”, maar toe ek ‘n maand of wat terug by die hoofstuk oor die hel kom, was ek nie lus vir verder lees nie. Nou weet ek hoekom. Want ek moes die boek eers op 5 Oktober klaarlees.
God praat via Isak Burger direk met my in die laaste paar hoofstukke van die boek. Hy sê dat ek vyf minute na die dood myself gaan verwyt omdat ek ‘n lou Christen was. Dat ek eintlik maar ‘n naamchristen was wat onnadenkend die nagmaalsbeker aan my lippe gedruk het. Die hemel het nie ‘n Plan B nie en vals leringe en vals verwagtings het talle mense al verwar en verlore laat gaan, dalk vir my ook. Ek verstaan die eerste keer die uitverkiesingsleer – dat Hy ALMAL geroep het, maar dat net diegene wat positief reageer daarop hemel toe sal gaan. God sê vir my dat mense wat altyd wou uitstel tot later 5 minute na die dood sal uitvind dat hulle die limiet oorskry het, dat hulle een keer te veel uitgestel het.
Moenie dink dat ek nie voorheen ‘n “Christen” was nie. Ek was. Ek het lank terug al my hart vir die Here gegee. Maar met die jare het die krag van my geloof vervaag. Weens ’n paar (goeie) redes het ek geglo dat Hy my nie hoor nie of bloot nie kan help as ek vir hulp vra nie, so waarom enigsins die moeite doen? Ek sou Hom verdedig in ‘n geselskap, kwaad word vir die “ongelowiges”, maar self geen voorbeeld stel van hoe geloof in Hom prakties lyk nie. Die belangrikste van alles, is dat daar êrens in my onderbewussyn ‘n vraagteken was. Ek was nie seker wat ek kan antwoord as iemand my sou vra of ek hemel toe gaan nie. “Ja, natuurlik” sou ek vinnig sê, maar het ek nie myself geflous nie? Ek wás immers lou in my geloof. Ek het myself oortuig ek is ‘n Christen, maar ek het nie ‘n ordentlike verhouding met Hom gehad nie – ek was vol verwyte en teleurstelling in wat Hy níé vir my gedoen het nie.
En daar swaai God my “spitefull moment” om in ‘n herontmoeting met Hom! Daar en dan besluit ek om ‘n nuwe pad met Hom te stap. Dit was nodig dat dit twee dae voor die ondersoek moes gebeur. God het geweet wat ek nodig sou kry. Hy het my vooraf reeds geestelik voorberei op die nuus!
Voorbeeld 2:
God is nie vaag as Hy vir ons iets wil sê nie. Hoekom ek voorheen gedink het dit is so moeilik weet ek regtig nie. So het my ouers VERLEDE Kersfees al vir my ‘n nuwe Bybeldagboek present gegee (God gee die Môrester). Vir twee dae na ek myself weer aan die Here gewy het, op 7 Oktober, maak ek die dagboek op 1 Januarie oop. Die volgende dag het ek besef dat dit so moes wees. Christina Landman sê vir my dat Liefde en Trou God se mooiste gesig is. Ek moet terugkyk en vra waar God die afgelope jaar liefdevol en getrou was en dan vorentoe kyk en vra waar Hy hierdie jaar nog verder liefdevol en getrou sal wees. En dan moet ek uitsien na sy liefdevolheid en getrouheid.
Die volgende dag, op die dag wat ons agterkom dat ons met meer as net ‘n goedaardige poliep te make het, lees ek 2 Janaurie se dagstukkie: Maak nie saak wat die omstandighede nie, God se genade is altyd daar. Dis groter en sterker en mooier as enige iets op aarde (selfs ‘n kwaadaardige gewas). Hy gee ons krag om méér te wees as ons probleme. Om sterker te wees as pyn. Ek is nie sommer net iemand wat verliese ly en dit nie weer kan oorkom nie. (Hy moes dus geweet het ek sou binnekort ‘n groot verlies ly.)
En so was elke dag sover nog! Eers het ek gedink God het dit so bedoel dat ek by 1 Januarie moes begin lees. Toe blaai ek na die datums waar ek veronderstel was om te lees – van 7 Oktober af. En besef dat God my aan alle kante ge”cover” het! Hy het my meer as een kans gegee. Die boodskappe was net so, dag vir dag, presies wat ek nodig gehad het. Of ek dus nou by 1 Januarie of 7 Oktober gelees het, hy het dieselfde boodskap vir my gehad – dat daar ‘n sin in my lyding sou wees en dat hy getrou en liefdevol by my is, elke tree van die duwweltjie-pad.
Voorbeeld 3:
Uit ‘n Bybel vol teksverse, het dit in die laaste paar dae gebeur dat meer as een mens, soms self vier mense, vir my dieselfde of ‘n soortgelyke teksvers sms, lees of selfs onbewus van wat in my lewe aangaan, as ‘n persoonlike boodskap op Facebook publiseer! Dis mos nie toevallig nie!
Net na die uitslag bekend was, was ek vreesbevange. My grootste vrees was dat ek sou doodgaan en dat my kosbare kinders sonder my sal grootword. Saterdag sê ‘n vriendin sy weet die Here wil met my praat in Deuteronomium. Sy gee my spesifiek die volgende teksvers, en daarna stuur nog iemand dit vir my. My vrees word DIREK aangespreek. Ek SAL ‘n lang lewe saam met my kinders hê!
Deut 30: 19-20: This day I call heaven and earth as witnesses against you, that I have set before you life and death, blessing and curses. Now choose Life, so that you and your children may live and love the Lord your God, listen to His voice and hold fast to Him. For the Lord is your life and He will give you many years in the land He swore to give to your fathers …
Weke vantevore noem ‘n vriendin dat sy besig is om te stik aan ‘n pers lap, wat iemand in haar kerk wil gebruik om op die rotse by die see mee te dans vir die Here. Ek glimlag verdraagsaam. Die mense met hulle snaakse missies tog! Later lag ek en ander vriendin bietjie daaroor. Maar ‘n aand na ek hierdie teksvers gekry het, droom ek van ‘n vrou wat met ‘n pers lap op die rotse dans en die woorde van ‘n gedig wat ek al vergeet het, kom by my op: “When I am old I will wear purple …” Ek skrik wakker en wéét God het met my gepraat en vir my gesê ek gaan oud word! Die volgende oggend trek ek ‘n pers truitjie aan vir die MRI scan – ek is voorbereid en nie in die minste bang nie!
Daar’s nog BAIE sulke stories: Na ek saam met twee vriendinne bid Saterdag, is ek die hele naweek kalm, vreesloos en volkome oorgegee in Sy Hand. Een vriendin het Saterdag genoem dat angs en vrees ‘n mens dikwels ver van God af laat voel. Ek besluit om dié ding volkome in Sy hande te laat, al is dit hoe moeilik, en NIE BANG TE WEES NIE. Dit werk! Ek voel vrolik en normaal, vergeet selfs vir lang rukke dat ek met kanker gediagnoseer is - ek wéét ek is veilig in Sy hand, maak nie saak wat met my liggaam gebeur nie.
Maar Sondagaand kruip vrees terug toe ek hoor hoe Org met ‘n buitelandse kollega (van Kanada – die Weste) mediese dinge gesels (feite verdryf partykeer geloof). Ek staan by die kombuistoonbank en luister met die een oor. My selfoon biep in my hand. ‘n Vriendin, ook van oorsee (van die Ooste) sms die volgende:
My liefste vriendin, moenie bang wees nie. Jy moet nou meer as ooit vasklou aan jou geloof, dat jy glo dat Jesus en die Heilige Gees tot alles in staat is, dat siekte nie van Hom af is nie en dat Hy dit kan genees. Maar die GLO is nodig, want vrees dryf geloof weg. So ek bid vir vrede oor jou en jou gesin dat geen vrees sal plek kry in jul harte nie …
Binne ‘n dag stuur mense vir my ONDER MEER (daar’s nog baie ander) die volgende teksverse:
Deut 3: 22: Do not be afraid of them, the Lord your God will fight FOR you.
Jesaja 41:10: Don’t be afraid, for I am with you. Do not be dismayed, for I am your God. I will strengthen you. I will help you. I will uphold you with my victorious right hand.
Jesaja 52:12: For the Lord will go before you, and the Lord of Israel will be your rear guard.
Net voor ek vir die MRI ingaan stuur iemand Fill 4:6-7: Do not be anxcious about anything, but in everything, by prayer and petition, with thanksgiving, present your request to God. And the peace of God, which transcends all understanding, will guard your hearts and minds in Jesus Christ.
Daar is soveel beloftes in die Bybel wat ons maar kan glo. Ek het dit nog nooit vantevore ervaar dat God so direk met my praat nie. Lees asseblief die hele Psalm 18, van hoe intens God aan jou kant is (ook op presies die regte oomblik na my toe gestuur!). Net’ n paar verse wat vir my oneindig baie beteken het:
Vers 17: Van bo af het Hy sy hand uitgestrek en my gegryp, my uit geweldige waters uitgelig.
Vers 30: Met U hulp loop ek ‘n oormag storm, met my God is geen stadsmuur te hoog nie.
Vers 36-40: Die redding wat U gebring het, was vir my ‘n beskerming (letterlik!), U regterhand het my ondersteun, deur U hulp het ek sterk geword (’n ander mens van die een Maandag tot die volgende!). U het my ruim vastrapplek gegee, my enkels het nie geswik nie. Ek het my vyande agtervolg en ingehaal (kom hier jou vieslike ding, dat ek jou kan uitroei!), ek het nie omgedraai voordat hulle uitgewis was nie. Ja, ek het hulle verpletter, sodat hulle nie weer kon opstaan nie. Hulle het voor my voete gesneuwel. U het my met krag omgord vir die stryd. (Waar’s my slingervel?!)
Met hierdie krag in my, vir wie en wat moet ek bang wees? Nie vir kanker nie, ek kan dit wen. Nie vir swaarkry nie, dis relatief. Nie vir vernedering nie, ek’s soveel meer as ‘n derm. Nie vir doodgaan nie, ek gaan na Hom toe! So ook my geliefdes – eendag!
Ek sluit af met die liedjie wat ek op ‘n goeie vriendin se aandrang vir myself begin sing het. Terwyl ek in die MRI tonnel lê het ek dit oor en oor gesing en so geglo dat ek glad nie engtevrees gekry het nie en amper aan die slaap geraak het:
Who am I? That the Lord of all the earth would care to know my name, who care to feel my hurt. Who am I? That the bright and morning star, whould choose to light the way for my ever wondering heart.
Not because of who I am, but because of what You’ve done. Not because of what I’ve done, but because of who You are!
I am a flower quickly fading, here today and gone tomorrow. A wave tossed in the ocean, a vapor in the wind. Still You hear me when I’m calling, Lord you catch me when I’m falling, and you told me who I am. I AM YOUR’S! I AM YOURS!
Who shall I fear? Who shall I fear? Cause I am YOUR’S, I am YOUR’S!
Amen!
(Liedjie van Casting Crowns.)
Sanet, sonder dat jy dit besef, gebruik die Here jou so “powerful” in ons ander se lewens. Dankie vir jou positiewe gesindheid. Ek WEET jy gaan hierdie ding wen
POWERFUL!
John 10:10 – “I came that you may have life and have it abundantly.”
“I am not moved by what I see or what I feel, BUT ONLY BY WHAT I BELIEVE” xx
Hi Sanet
Ek is nou een van daai wat uit jou verre verlede kruip – hoop jy onthou ons Nelle van PE darem nog?
Dit is vir my net absoluut amazing hoe groot God is – hy is werklik oral besig om herlewing te bring. Al verskil ons almal se omstandighede en journeys, is Sy einddoel nogsteeds om ons net in ‘n lewende, vrygemaakte verhouding met Hom te he! My hart bloei vir jou, maar terselfdetyd voel dit of ek kan bars van opgewondenheid as ek lees hoe Hy jou nader trek aan Hom en jou dra en bemoedig en gebruik en en en…! Wees verseker, jy is vir my ‘n bemoediging en bevestiging van Sy grootheid! Jy word seker oorval met tekse, maar kan ek asb die volgende ook vir jou gee:
Job 23:10
But He knows the way I take. When He has tried me, I shall come forth as refined as gold.
en
Job 8:20-21
God does not reject a blameless man… He will yet fill your mouth with laughter and your lips with shouts of joy.
GLO DIT!
Baie sterkte vir jou en jou familie – julle susters en jou ma is so in my gedagtes die afgelope tyd na jou pa se dood. Stuur tog asb groete aan hulle almal. En weet ek’s nog een wat vir jou aanhou bid en sal intree Wo 21 Okt!
Liefde!
Lizette
Here gee Joh 4 :39 Many people believed in Him because of what the woman testified…
Na ek met jou vanogg oor tel gepraat het en jy jou hart met my gedeel het , ervaar ek Sy Gees se die volgende:
My las is lig en My juk is sag. As jou las swaar is ,dra jy dit. Ek sal dit vir jou dra my liefkind, Ek is mos jou Pa, Trooster, Meester, en Redder. Dis wat ‘n Redder doen, Hy kom red jou van swaar laste en jukke en dra dit vir jou. Hy vat dit nie altyd weg nie, want Hy doen wat die Vader vir Hom se.
Ek is die Deur (Joh 10) kom by My in. As jy by ‘n ander deur inkom gaan jy nie in My rus wees en My lewende water kry nie. Ek le my lewe af vir My skape en jy is een van hulle.
Sanet, jy moet verstaan die oomblik wat jy ‘n publieke proklamasie maak, is die vyand woedend. Hy wil net kom om te steel en te vernietig en dood te maak. Hy sit heeltyd met sy onderdane en beraam planne om jou uit Vader se krag en behoeding te hou. Luk 22:31&32. Jesus bid heeltyd vir julle. Satan kan nie jou gees raak nie, dit behoort aan Jesus, maar jou vlees in die sin van irritasie, ongeduldigheid, moegheid, moedeloosheid, haastigheid.
Veg om in Jesus se rus te wees Heb 4 en wees stil en weet dat Hy God is. Gryp die gedagtes tot gehoorsaamheid aan God se Woord.
Sanet, ek weet nie of jy my kan onthou nie, maar ons was saam op varsity. Jy net so bietjie voor my. Ek kan ook net getuig dat ons here ‘n wonderlike God is. Ek is die 9 de September gediagnoseer met prostaat kanker, so ek dink ons deel nogals baie dieselfde gevoelens. Ek het jou invite op FB; ek probeer om daagliks n kort boodkap of motiveringsvideo te deel met my “vriende”, alhoewel ek net n agste van hulle ken!
Groete en weet dat God vir jou en my baie lief is!
Joggie Rautenbach
Het nie woorde nie………. God is goed. Sterkte en ek bid vir julle. Tonne liefde vir die kinders.
xxxxx
Sjoe Sanet!Ek is in trane hier waar ek lees! My ma vertel my eers vandag van jou blog.
Dis wonderlik om te hoor hoe God werk! Hy is getrou soos die Son in die more!
Ek dink aan julle!
Groete
Luzanne (Carin se sus